Dis die wonderlikste diere kliniek wat ek nog belewe het. Nie alleen is almal vriendelik nie maar wel passievol in wat hul doen. Soveel liefde vir diere. Ons as ons diere se ouers is so vriendelik behandel. Met liefde en empatie.
Ek wil persoonlik dankie se vir die diens wat ons gehad het die week. My ouers se woefkind is met soveel deernis en liefde behandel en ons weet toe sy haar asempie uit blaas was sy nie alleen maar tussen liefde volle mense. Ons Mila Lyfie het die beste gehad. En daar is vir haar lewe geveg tot die oggend ure.
Mag jul ryklik geseen word in alles wat jul doen vir diere. Jul harte is op die regte plek vir ons skepper se diertjies.
Nogmaals dankie dankie!!!!
Erika